GAUTENG – Vivian Brink (60), ‘n voormalige IT-werknemer van Standard Bank, het vandeesweek in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hy glo sy werkgewer oor ’n tydperk van jare R1.9 miljoen uit die sak gejaag het. Brink is Dinsdag op borg van R5 000 vrygelaat.
AO Thatohatsi Mavimbela, Valke-woordvoerder, sê luidens ‘n verklaring Brink is Maandag op aanklagte van bedrog en diefstal by sy huis in Rosettenville in hegtenis geneem. Die Valke beweer Brink het tussen Januarie 2014 en November 2017 interne bankstelsels misbruik om die oortrokke fasiliteit op sy eie rekening kunsmatig te verhoog. Dié beweerde optrede het volgens ondersoekers tot ‘n verlies vir Standard Bank gelei.
Die saak is uitgestel tot 3 Februarie 2026 en sal verder in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelsmisdaadhof aangehoor word. Die saak word steeds ondersoek.





