Voormalige finansiële bestuurder wat in vrieskas wegkruip tronkstraf opgelê

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Prishne Khan (37) is tot 10 jaar direkte tronkstraf op 63 aanklagte vir bedrog van R3.5 m. deur die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof gevonnis.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Khan is ook vir diefstal van R350 000 ‘n verdere vier jaar tronkstraf opgelê. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Mahanjana sê Khan was vanaf Junie 2015 tot 18 Januarie 2017 as die boekhouer van die Northern Cricket Union gemoeid met die betaling aan verskeie diensverskaffers. Khan het die bankbesonderhede op die fakture verander en haar man en nog ‘n familielid se besonderhede aangebring, waarna die R350 000 oor ‘n tydperk van ses weke vanaf Mei tot Junie 2016 verdwyn het.

“Toe Khan daaroor uitgevra is, het sy uit haar pos bedank.”

Na haar bedanking het Khan die finansiële bestuurder by Customer Loyalty Consultant (Edms.) Bpk. geword. Sy het die posisie vir ongeveer ses maande in 2017 beklee waar sy toegang tot die maatskappy se bankrekening en sisteme gehad het.

“Tydens haar diens het Khan weer kliënte se bankbesonderhede gemanipuleer om betalings in rekeninge wat deur haar man en neef beheer word, te maak. Ten spyte van haar vermoë om betalings te verwerk, kon sy dit nie onmiddellik uitvoer nie weens ‘n token wat nodig was om die transaksies af te handel. Dit was die verantwoordelikheid van ‘n ander werknemer. Nadat sy die maatskappy in September 2017 verlaat het, het die werknemer die token dit aan haar gegee, wat haar toegelaat het om betalings van meer as R3 m. aan haarself van September 2017 tot Maart 2018 vry te stel.”

Die bank het die maatskappy oor die verdagte transaksies ingelig en ‘n polisie-ondersoek het gevolg, waarna Khan op 31 Mei 2018 vir die eerste keer in die hof verskyn het.

“Khan het op die aanklagte skuld en haar kriminele optrede aan finansiële probleme toegeskryf. Sy het beweer sy het die geld vir noodsaaklikhede nodig gehad, insluitend die aankoop van ‘n motor vir haar man. Bewyse in die voorvonnisverslag het egter aan die lig gebring dat sy die gesteelde geld vir dobbel gebruik het.”

Mahanjana sê tydens vonnisoplegging het Khan weens verpligtinge teenoor haar drie minderjarige kinders vir ‘n ligter vonnis gevra en swak gesondheid as verskoning gebruik. Adv. Pulane Segalo, die staatsaanklaer, het argumenteer dit is ‘n ernstige misdaad en dat sy haar werkgewers se vertroue in haar vir persoonlike gewin verraai het. Gevolglik het Segalo direkte tronkstraf as vonnis gevra. Die saak is vir oordeel op die vonnis tot 3 Maart 2023 uitgestel.

“Khan het egter gevlug, wat tot ‘n lasbrief vir haar inhegtenisname gelei het. Sy is meer as ‘n jaar later opgespoor waar sy in ‘n vrieskas by haar nuwe huis op Nigel weggekruip het en gearresteer is.”

Mahanjana sê landdros Du Preez het met vonnisoplegging met die staat saamgestem oor Khan se aksies wat uit gierigheid en nie noodsaaklikheid nie gespruit het. Hy het voorts gesê Khan het nie berou getoon nie en het slegs skuldig gepleit toe sy die gevolge van haar aksies besef.

“Gevolglik het die hof bepaal dat die enigste geskikte vonnis in hierdie omstandighede gevangenisstraf was.”

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief