Lees ook: 50 mans skuldig aan verkragting van Gisèle Pelicot
FRANKRYK. – ‘n Voormalige chirurg is daarvan beskuldig dat hy tussen 1989 en 2014 altesaam 299 kinders verkrag het, die meeste terwyl hulle onder verdowing was.
Joel Le Scouarnec (73) is daarvan beskuldig dat hy 299 kinders verkrag en aangerand het, meestal sy pasiënte, terwyl hulle onder verdowing was.
Hy het skuld erken op sommige van die aanklagtes, maar nie op almal nie.
Le Scouarnec is sedert 2017 in die tronk na hy gearresteer is op aanklagtes dat hy twee familielede, ‘n sesjarige meisie, en ‘n pasiënt verkrag het. Hy is in 2020 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Na hy in hegtenis geneem is, is kindergrootte sekspoppe in sy woonplek gevind, asook meer as 300 000 foto’s van kinders wat mishandel is en dagboeke waarin hy glo erken het hoe vir meer as 25 jaar sy pasiënte verkrag het.
Hy word aangekla van meer as 100 verkragtings en meer as 150 seksuele aanrandings. Sy verhoor sal later die maand plaasvind.
Bronne: BBC, Capital News, The Sun
Lees ook: 50 mans skuldig aan verkragting van Gisèle Pelicot





