Brekende Nuus
Afrikaans

Voormalige hoof van Steinhoff-regsdepartement vandag in hof

Stephan Grobler het hom Vrydag aan die polisie oorhandig na die Valke lasbriewe vir sy en Markus Jooste se inhegtenisnemings uitgereik het.

Voormalige hoof van Steinhoff-regsdepartement vandag in hof

fotokrediet: Canva
Voormalige hoof van Steinhoff-regsdepartement vandag in hof fotokrediet: Canva

Lees ook: FSCA van plan om geld uit Markus Jooste se boedel te kry

PRETORIA. – Die voormalige hoof van die Steinhoff-regsdepartement is vandag in die hof vir sy borgaansoek.

Stephan Grobler het hom Vrydag aan die polisie oorhandig na die Valke lasbriewe vir sy en Markus Jooste se inhegtenisnemings uitgereik het.

Jooste het Donderdag glo selfdood gepleeg naby sy huis op Hermanus.

Grobler het hom aan die polisie oorhandig en het die naweek in die tronk deurgebring. Hy word aangekla van bedrog, oortreding van die finansiëlemarktewet en rampokkery.

Bronne: EWN, IOL, Jacaranda FM

Lees ook: FSCA van plan om geld uit Markus Jooste se boedel te kry