Voormalige krieketspelers vir ‘wedstrydknoeiery’ gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Ethy Mbhalati (43), Thamsanqa Tsolekile (44) en Lonwabo Lennox Tsotsobe (40), voormalige SA-krieketspelers, is onderskeidelik op 18, 28 en 29 November 2024 vir beweerde wedstrydknoeiery tydens die 2016/2016 binnelandse T20 Ram Slam-uitdaging gearresteer.

Kol. Katlego Mogale vir die Valke sê die ondersoek is begin nadat ‘n fluitjieblaser in Oktober 2016 na vore gekom het. Mbhalati het intussen in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria verskyn, waarna die saak vir verdere instruksies tot 20 Februarie 2025 uitgestel is.

Tsolekile en Tsotsobe is op vyf aanklagte van korrupsie aangekla. Hulle het Vrydag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria voorgekom, waar hulle saak vir openbaarmaking tot 26 Februarie 2025 uitgestel is.

Mogale sê Krieket-SA se teen-korrupsiebeampte het die vermoede van wedstrydknoeiery wat Gulam Bodi, ‘n voormalige Protea-speler insluit, gerapporteer. Ondersoek het onthul Bodi het verskeie spelers genader om met beroepswedders van Indië saam te span om drie T20 Ram Slam-wedstryde te beknoei. Bodi is in Julie 2018 gearresteer, waarna hy op agt aanklagte van korrupsie skuldig gepleit het en in Oktober 2019 tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis is. Jean Symes is in Mei 2021 gearresteer en het op een aanklag van korrupsie skuldig gepleit, waarna hy tot vyf jaar tronkstraf, in geheel opgeskort vir vyf jaar, gevonnis is. Pumi Mathikwe is in Februarie 2022 gearresteer en het op een aanklag van korrupsie skudig gepleit. Hy is tot ses jaar tronkstraf, wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale bevelvoerder van die Valke, het die ondersoekbeamptes geprys en Krieket-SA vir hulle samewerking in die saak bedank.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief