Huidige Mej. Suid-Afrika gee jawoord

Lees ook :

Natasha Joubert en Enrico Vermaak het die naweek verloof geraak. Foto's: Bahamaburgundy

SUID-AFRIKA. – Natasha Joubert (26), Mej. Suid-Afrika 2023, het die naweek aan Enrico Vermaak verloof geraak.

Joubert het die goeie nuus op sosiale media gedeel. Die paartjie is al vir meer as agt jaar saam.

“Sakkie, ek’s lief vir jou! Ek gaan jou vroutjie word!” het Joubert se Facebook-inskrywing gelui. Volgens haar is die verlowing ’n droom wat bewaarheid is.

Joubert het in Desember 2023 ’n veldtog saam met Boston City Campus begin waarmee meer as R1.5 m. se beurse aan 27 ontvangers beskikbaar gestel is.

Sy het die volgende foto’s van die verlowing gedeel wat deur Bahama Burgundy Photography geneem is:

Bronne: Miss SA, Natasha Joubert Facebook-bladsy

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief