Voormalige Oekraïense politikus doodgeskiet ná hy kinders aflaai

Lees ook :

Voormalige Oekraïense politikus doodgeskiet ná hy kinders aflaai fotokrediet: X

MADRID, SPANJE. – ’n Voormalige Oekraïense politikus is gister doodgeskiet ná hy sy kinders by ’n Amerikaanse skool in Madrid afgelaai het.

Lees ook: Israeliese ambassadewerkers buite Joodse museum in VSA doodgeskiet

Andriy Portnov (51), ’n voormalige parlementslid en adjunkhoof van administrasie van Victor Yanukovych, is gister doodgeskiet net ná hy sy kinders afgelaai het en by sy voertuig wou inklim.

Getuies het gesê Portnov is “verskeie kere” in die kop en lyf geskiet. Volgens hulle het ’n maer, lang man Portnov geskiet en gevlug.

Dit is onbekend of die moord polities gemotiveerd of verwant was aan georganiseerde misdaad.

Bronne: The Independent, BBC, Sky News

Lees ook: Israeliese ambassadewerkers buite Joodse museum in VSA doodgeskiet

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief