Voormalige polisiehoë wat staatsgeld ‘in eie rekening deponeer’ in aanhouding

Lees ook :

Foto: Valke

NOORD-KAAP. – lt.kol. Pieter Andries Nel, wat voorheen diens as die hoof van finansiële dienste in Upington gedoen het, is Woensdag op ‘n J50-arrestasie-lasbrief deur die Valke in hegtenis geneem. Nel het glo oor ‘n tydperk meer as R1.2 miljoen van die staat in sy persoonlike bankrekening inbetaal.

DIe woordvoerder vir die Valke, lt.kol. Tebogo Thebe,sê Nel is by sy huis in Upington in hegtenis geneem. Hy was vir die goedkeuring van betalings aan diensverskaffers, asook vir verblyf- en reiskoste van polisielede binne die Upington-distrik, verantwoordelik. Daar word beweer dat Nel tussen 2022 en 2024 vals betalings van meer as R1.2 miljoen opgestel en goedgekeur het, wat in sy bankrekening inbetaal is. Die voormalige polisielid word van bedrog, geldwassery asook oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur 1 van 1999 aangekla.

Nel het vlugtig in die Upington-landdroshof verskyn en het Donderdag formeel om borgtog aansoek gedoen.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. You makes your choice and you pays your price. Jammer as dit waar is maar Dan moet Hy die gevolge dra.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief