Voormalige polisiekaptein laat glo bewysstukke verdwyn

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Susanna Jacoba Muller (53), ‘n voormalige kaptein verbonde aan die Wes-Rand se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaadondersoeke (SOCI) het vanoggend op aanklagte in die Randburg-landdroshof verskyn. Sy moet weer op 28 Januarie vir die aanstelling van regshulp in die hof wees.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê ‘n hofdagvaardiging is op 23 Desember 2024 bekragtig en is op 24 Desember aan Muller gedien om vandag in die hof te verskyn. Die dagvaardiging is in verband met twee kriminele sake wat onderskeidelik by Honeydew en Krugersdorp-polisiestasies gedurende Mei 2023 en Oktober 2024 geregistreer is. Die aanklagte teen Muller is korrupsie, diefstal, regsverydeling of belemmering van die regspleging.

Muller was as ondersoeker vir nasionale prioriteits-geweldsmisade verantwoordelik. In hierdie geval was die ondersoek ‘n saak van 2020 van verdagtes wat glo in ‘n transitoroof betrokke was. Verskeie bewysstukke wat skootrekenaars, elektroniese tablette, ‘n beursie en kontant van R30 000 insluit, is glo deur Muller uitgeboek en is tans vermis. Dit het tot die registrasie van sake van diefstal en belemmering van regspleging gelei. In ‘n aparte saak, gedurende 2023, is verdagtes vir die besit van gesteelde voertuie en ongelisensieerde vuurwapens by Naledi-piolisiestasie aangehou. Muller, as ondesoekbeampte, het glo ‘n verdagte, genaamd Oupa Moleleki, in ‘n romantiese verhouding mislei om inligting te kry en het R10 000 bekom, wat in haar pa se bankrekening inbetaal is.

“Sy het beweer dit was ‘n poging om inligting oor transitorooftogte in te samel. Na aanleiding van hierdie bevindings is ‘n saak vir korrupsie en dwarsboming van die gereg by Krugersdorp geregistreer.”

Mogale sê voorts het Muller die bewerings aan haar bevelvoerder bevestig en die R10 000 oorhandig, wat ingehandig is. Verdere bewyse dui aan Mulle het na bewering inligting aan ‘n verdagte in ‘n kriminele saak voorsien en het hulp met borg belowe. Met al die beweringe teen haar het Muller uit die polisie bedank.

Die NVG oorweeg om addisionele aanklagte van geldwassery en korrupsie teen Muller by te voeg.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief