Voormalige speaker – saak vir hooggeregshofdatum uitgestel

Lees ook :

Foto: Parlement

GAUTENG. – Die saak teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die voormalige speaker van die parlement, is tot 9 Julie uitgestel. Sy word van korrupsie aangekla.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG, sê die saak is vir ‘n hooggeregshofdatum en voorsiening van ‘n klagstaat uitgestel.

Mapisa-Nqakula het toegang tot die volledige dossier gehad en ‘n lys van staatsgetuies is op 8 April aan haar voorsien, sodat sy aan haar borgvoorwaardes moet voldoen.

Die speaker mag volgens haar borgvoorwaardes geen direkte of indirekte kontak met ‘n staatsgetuie hê nie.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief