Vorige veroordeelde in hof vir moord

Lees ook :

Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Ntatabuta Maleke (53) is Saterdag op ‘n aanklag van moord op Angelina Maruping (43), sy meisie, in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die Ganyesa-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Die saak is tot 25 April uitgestel.

Kol. Adéle Myburgh sê Angelina Maruping (43) is tussen Vrydag en Saterdag doodgemaak. Polisielede op patrollie het inligting ontvang en is na die huis van die verdagte, waar hulle toegang verkry het. Maruping se liggaam is onder ‘n kombers in die kombuis, langs ‘n halwe baksteen en ketting met bloedvlekke, gevind. Maruping is dood verklaar en die verdagte is in hegtenis geneem.

Maleke het ‘n vorige veroordeling vir strafbare manslag nadat sy meisie aan aanranding dood is. Gedurende Desember 2003 is die beskuldigde ‘n vonnis van 15 jaar opgelê. Van die vonnis is drie jaar vir vier jaar opgeskort is, met die voorwaarde dat hy nie weer aan ‘n misdaad skuldig bevind word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief