Vragmotor ry oor bestuurder toe remme faal

Lees ook :

Foto Reaction Unit South Africa

‘n Man (38) is vroeër vandag beseer toe die vragmotor wat hy bestuur het op die R102 tussen die Canelands- en Verulam-verkeersligte oor hom gery het.

Reaction Unit South Africa het in die omgewing gepratrolleer toe ‘n verbygaande motoris die beampte ongeveer 11:30 van die voorval inlig.

Met aankoms op die toneel is die bestuurder van ‘n wit Mercedez Benz-vragmotor gevind waar hy in die pad gelê het. Hy het aan die beampte verduidelik dat die vragmotor se remme gefaal het en agteruit teen ‘n afdraande begin beweeg het. Hy het uit die vragmotor gespring. Die vragmotor het teen die metaalreling van die pad tot stilstand gekom.

Die vragmotorbestuurder is eers vir sy beserings op die toneel behandel voordat hy per ambulans na ‘n hospitaal geneem is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief