Vragmotorbestuurder in sop vir dagga van R1.3 m

Lees ook :

Foto: SAPD

WES-KAAP. – ‘n Vragmotorbestuurder (44) het Maandag op ‘n aanklag van handeldryf in dagga met ‘n geskatte waarde van R1.3 m. in die Beaufort Wes-landdroshof verskyn.

Sers. Christopher Spies sê blitspatrollielede het Vrydag omstreeks 19:45 ‘n afleweringsvragmotor wat onderweg na Kaapstad was by ‘n voertuigkontrolepunt op die N1 voorgekeer. Met roetinedeursoeking van die vragmotor is op 17 sakke dagga, wat 400 kg weeg, afgekom. Die dagga is gekonfiskeer en die bestuurder is gearresteer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief