EGIPTE. – Die indirekte vredesamesprekings tussen Israel en Hamas gaan vandag op die tweede herdenking van die begin van die oorlog voort.
Lees ook: Hamas en Israel bespreek na verwagting vandag skietstilstand
Volgens plaaslike nuus in Egipte is daar ‘n “positiewe atmosfeer” onder die onderhandelaars. Die samesprekings sal na verwagting vir ‘n paar dae voortduur in ‘n poging om ‘n ooreenkoms te probeer bereik.
Hamas het Vrydag aangetoon dit is gewillig om die 48 oorblywende gyselaars wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is, vry te laat. 20 van die gyselaars lewe glo nie meer nie. Onderhandelaars bespreek die res van Donald Trump se voorstelle vir ‘n skietstilstand, asook die tydlyn vir Israel se ontrekking, die oorhandiging van die regering in Gasa en die vorming van ‘n oorgangsliggaam in die Gasastrook onder leiding van Trump, met die voormalige Britse eerste minister, Tony Blair.
Bronne: CNN, The Mirror, The Independent
Lees ook: Hamas en Israel bespreek na verwagting vandag skietstilstand





