Vredesamesprekings in Rusland gaan vandag voort

Lees ook :

Vredesamesprekings in Rusland gaan vandag voort fotokrediet: Canva

RUSLAND. – President Donald Trump se spesiale verteenwoordiger vir vredesendings, Steve Witkoff, vergader vandag met die Russiese president, Wladimir Poetin, in Moskou vir samesprekings om ‘n einde aan die voortslepende oorlog tussen Rusland en Oekraïne te probeer maak.

Lees ook: Vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland gaan voort

Die vergadering sal na verwagting oor grense, veiligheidswaarborge, gevriesde Russiese bates en moontlike beleggingsprojekte tussen die VSA en Rusland gaan.

Dmitry Peskov, die woordvoerder vir die Kremlin, het bevestig Poetin sal Witkoff ontvang.

Die samesprekings in Moskou volg ná ‘n vergadering tussen Oekraïne en die VSA wat albei afvaardigings “produktief” genoem het.

Wolodomir Zelenski, Oekraïense president, het gesê Kijif se prioriteit in die vredesamesprekings is om Oekraïne se soewereniteit te behou en sterk veiligheidswaarborge te kry.

‘n Probleem met die vredesamesprekings is dat Rusland eis dat Oekraïne gebiede in die Donbas-gebied moet prysgee, maar Oekraïne weier.

Bronne: DW – South Africa, BBC, The Independent

Lees ook: Vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland gaan voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief