BRAZIL. – ‘n Brasiliaanse tiener (19) is dood nadat hy Sondag oor ‘n muur by ‘n dieretuin geklim het om by ‘n leeuwyfie uit te kom.
Lees ook: 12 dood ná bote deur grondstorting in Peru getref is
Gerson de Melo Machado het oor ‘n 26 vt.-muur en veiligheidsheining by die Arruda Câmara Zoobotanical Park geklim en het daarna met behulp van ‘n boom in die leeuwyfie se gebied neergedaal. Volgens plaaslike media het hy drome gehad om ‘n leeutemmer te word. Machado het geestesgesondheidprobleme gehad en is met skisofrenie gediagnoseer.
Die dieretuin het bevestig Machado het doelbewus na die leeuwyfie gegaan, is deur die dier aan die nek gegryp en is oorlede.
Volgens die dieretuin sal die leeuwyfie genaamd Leona nie van kant gemaak word nie, omdat sy geen gedrag getoon het wat dit regverdig nie. Die dieretuin het gesê die tiener se dood is veroorsaak deur ‘n doelbewuste oortreding wat “heeltemal onvoorspelbaar was” en “buite enige scenario in die dieretuin se roetine”.
Bronne: IOL, NBC News, Fox News
Lees ook: 12 dood ná bote deur grondstorting in Peru getref is





