NOORD-KAAP. – ‘n Vriend (21) van ‘n meisie (14) van Calvinia wat haar swanger gemaak het, is deur die streekshof aan statutêre verkragting skuldig bevind en gevonnis.
Lt.kol. Sergio Kock sê die meisie se ma het ‘n klagte van statutêre verkragting by die polisie aanhangig gemaak.
Die beskuldigde is Dinsdag tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.
Lt.genl. Koliswa Otolo, provinsiale kommissaris in die provinsie, het speur.AO David Matthys vir die vonnis geprys.





