Lees ook: Verdagtes probeer tiener dwing om selfdood te pleeg
TZANEEN, POLOKWANE. – ’n Vrou (62) is in Tzaneen in hegtenis geneem vir die moord op ’n bejaarde vrou (82).
Die polisie is Vrydag ontbied na Bolobedu Mopye waar die bejaarde vrou op haar rug in ’n plas bloed gevind is. Die vrou veisrskeie houe met ’n skerp voorwerp op haar voorkop toegedien en is op die toneel oorlede.
Sy is na haar bure se huis om die mense wat in die verdagte se erf was, te groet, waar sy glo deur die verdagte aangeval is. Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en sal Maandag in die Bolobedu-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Verdagtes probeer tiener dwing om selfdood te pleeg





