Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou (86) vermoor in huis ontdek

'n Bejaarde vrou is Sondg dood in haar huis aangetref.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Bejaarde vrou (86) is Sondag dood in haar huis in die Tyelerha- administratiewe area buite Cofimvaba waar sy alleen gebly het, ontdek.

Kapt. Namhla Mdleleni sê die slagoffer het erge sigbare beserings aan haar liggaam gehad. Sy is Vrydag laas deur haar bure opgemerk.

Mdleleni sê die motief van die grusame insident is onbekend en omstandighede sal deur die polisie ondersoek word. Die polisie is op soek na die verdagtes.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van verdagtes in die saak kan lei, kan speur.sers. Pitoli by 082 441 9184 bel.