Vrou (89) dood na motor deur huis jaag

Lees ook :

Foto: Kevi van Wyk

‘n Vrou (89) van Pietersfontein in Montagu, Wes-Kaap, het Vrydag 31 Maart, 2023 ernstige beserings opgedoen en het later in die hospitaal gesterf. Nog ‘n vrou (63) is beseer toe ‘n voertuig in ‘n huis ingejaag het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê Motagu-polisiestasie het Vrydagaand op ‘n klagte reageer.

Met aankoms op die toneel het hulle gevind dat ‘n voertuig deur die mure van ‘n huis gejaag het. ‘n Vrou (89) wat binne die huis was, is ernstig beseer.

Sy is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Mediese personeel het haar later dood verklaar.

Die 63-jarige vrou het slegs geringe beserings opgedoen.

‘n Man (32) wat die motorvoertuig bestuur het, is in hegtenis geneem en aangehou.

Montagu-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Enigiemand met inligting word versoek om Stop Misdaad op 08600 10111 te kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief