KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is vanoggend net na 07:30 by ‘n vulstasie in O’Flahertystraat in Sydenham doodgeskiet.
Kol. Robert Netshiunda sê aan Nuusflits Sydenham-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n vrou naby ‘n vulstasie deur ‘n onbekende man doodgeskiet is.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics het bevestig dat paramedici na die toneel ontbied is, waar hulle die vrou met verskeie skietwonde aan haar bolyf gevind het. Sy het reeds gesterf en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
“In hierdie stadium is die gebeure wat tot die skietery gelei het onbekend, maar die SAPD was teenwoordig en sal verder ondersoek instel.”





