Vrou dood in huis aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n vrou is Maandag in ‘n huis in Acropolisstraat in Starwood, Phoenix, ontdek.

KZN VIP Protection Services sê dié diens en ander nooddienste is deur bure ontbied oor ‘n reuk wat uit die toe huis gekom het en vlieë wat teen die vensters gesien is. Met aankoms van nooddienste by die huis is die polisie ontbied om toegang te verkry. Dit blyk asof die vrou reeds gedurende die naweek gesterf het.

Alle dienste was op die toneel teenwoordig.

KZN VIP Protection Services vra welstandsbesoeke moet by familie en bure gedoen word, veral wanneer hulle vir ‘n ruk nie gesien is nie en ook nie per telefoon bereik kan word nie. Die diens sê dit is nie die eerste keer wat hulle op so ‘n insident afkom nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief