Vrou dood in slaapkamer aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – ’n 39-jarige vrou is Vrydagmiddag in Lonely Park Village naby Golfview in Mahikeng dood aangetref ná ’n beweerde voorval van huishoudelike geweld. Nadat sleutels bekom is vir die huis wat gesluit was, is die slaapkamer ook gesluit gevind. Die vrou is bewegingloos aangetref nadat die huis sowel as die slaapkamer oopgesluit is.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Sipho Taliwe, is die polisie kort ná 17:00 na die toneel ontbied waar hulle familielede en nooddienste aangetref het. Die oorledene is glo deur ’n familielid ontdek nadat verskeie pogings om haar te kontak onsuksesvol was. Die familielid is na die woning en het al die deure gesluit gevind. Sleutels is later in ’n voertuig op die erf opgespoor, waarna toegang tot die huis verkry is. Die slaapkamerdeur was egter ook gesluit en moes eers oopgesluit word voordat die vrou binne aangetref is waar sy bewegingloos in ’n plas bloed gelê het. Nooddienspersoneel het die vrou op die toneel dood verklaar.

Daar word beweer dat die oorledene en haar man vroeër die oggend in ’n konfrontasie betrokke was. Die man was later in ’n botsing met ’n vragmotor in Nelson Mandela-rylaan naby ’n winkelsentrum betrokke en is tans in die hospitaal waar hy mediese behandeling ontvang. Polisie-ondersoeke duur voort en enigiemand met inligting word versoek om die Mahikeng-polisie te kontak. Die gemeenskap word ook versoek om nie onbevestigde inligting op sosiale media te versprei nie, terwyl die polisie die feite vasstel.


Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief