Vrou dood na sy brand – borg aan verdagte teengestaan

Lees ook :

Foto: Action Society

PRETORIA-NOORD, GAUTENG. – Charlene Pretorius (42) is na bewering op 27 Mei vanjaar deur haar man Stephan Pretorius aan die brand gesteek. Sy het op 28 Mei aan haar beserings gesterf. Hul tienerdogter het die voorval sien gebeur. Action Society is deur haar familielede vir hulp genader.

Wanneer die moordsaak dus Maandag vir borg in die Pretoria-Noord-landdroshof voorkom, sal Action Society die drie kinders ondersteun deur te verseker dat die aansoek nie toegestaan sal word nie.

Hy het sy vrou glo die laaste keer wat hy haar was aan die brand gesteek, gekyk hoe sy brand en van die toneel gevlug. Volgens Action Society is hy vasgetrek toe sy voertuig ‘n pap band gekry het. Hy het glo ook dreigemente teenoor die drie kinders se lewens gemaak.

Sy ouers en suster het met Charlene na die hospitaal gehaas.

Action Society sê die organisasie het deur middel van ‘n privaat ondersoeker bewys Pretorius het nie respek vir die hof nie, aangesien hy vorige beskermingsbevele verontagsaam het. Sy dreigemente moet ernstig opgeneem word, aangesien hy vooraf gedreig het om Charlene dood te maak. Hy is dus ‘n gevaar vir die kinders. Hy is ook ‘n vlugrisiko, aangesien hy van die misdaadtoneel gevlug het.

Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid vir die organisasie, sê Charlene het alles gedoen om haarself en haar kinders te beskerm. Hy sê gedurende die egpaar se huwelik van 16 jaar was daar dreigemente dat Charlene en die kinders geskiet sal word. Sy het verskeie beskermingsbevele bekom en dit is herhaaldelik verontagsaam. Sy het vir ‘n laaste keer opgetree deur vir ‘n egskeiding en ‘n laaste beskermingsbevel te vra.

“This tragedy could have been avoided. The justice system continues to fail victims of domestic violence. When a protection order is violated, there should be an arrest with no police bail. The violation should signal to the police that the perpetrator is a real threat, and their role is then to protect the victim. This didn’t happen, and it cost Charlene her life.”

“We aim to ensure that the South African Police Service (SAPS) takes Stephan’s threats to burn the children seriously. Protecting the children and finding justice for Charlene is now the biggest priority.”

“Charlene and Stephan’s daughter witnessed the whole incident, and according to our information, Pretorius simply watched Charlene burn and then fled the scene, almost running family members over in the process. Action Society is convinced that Pretorius’s attempt to get bail is an attempt to act on the threats he made against the children.

“He went through with his threats against Charlene. We will do everything in our power to protect the children from this monster.”

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Charlene Pretorius van Pretoria-Noord het op 28 Mei 2023 gesterf toe sy deur haar man “vermoor” is.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die verdagte en slagoffer het op 27 Mei buite in ‘n voertuig gesit en gesels.

Familielede het haar hoor skree en het buitentoe gegaan om ondersoek in te stel.

Sy was in vlamme gehul.

Hulle kon die vuur blus en is met haar na ‘n plaaslike mediese sentrum.

Sy het egter op 28 Mei aan haar beserings gesterf.

Stephan Pretorius, die verdagte in die saak, is vir moord aangekla en het reeds in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Bron: Ian Cameron Action Society

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief