Vrou dood nadat sy by Kimberley-hospitaal van balkon val

Lees ook :

Foto: Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal Facebook-blad

NOORD-KAAP. – ‘n Vrou (22) het Saterdag by Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley van ‘n balkon op die vyfde vloer na haar dood geval.

Kol. Cherelle Ehlers sê aan Nuusflits die polisie is omstreeks 14:45 van ‘n onnatuurlike sterfte by ‘n hospitaal ingelig. Met aankoms by die hospitaal was die toneel volgens rapportering reeds deur hospitaalpersoneel skoongemaak.

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geopen en die departement van gesondheid sal ook die insident ondersoek.

Nuusflits het kommentaar van die departement van gesondheid gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief