Vrou en kinders sterf toe voertuig hulle tref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Vrou (54) en twee kinders, onderskeidelik 14 en 10 jaar oud, het Sondagoggend omstreeks 11:30 gesterf toe vyf voetgangers op die D2945 tussen Magudu en Mgobodzi deur ‘n Toyota-sedan getref is.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van veiligheid, sekuriteit en skakeling, sê Jackie Macie, die LUR vir dié departement in die provinsie, het weereens motoriste gewaarsku om vir voetgangers op te let. Motoriste word tot versigtigheid gemaan, veral wanneer in beboude gebiede bestuur word.

Die voetgangers het gestap toe die motor tussen hulle ingeploeg en drie op die toneel gesterf het. Twee ander beseerde voetgangers is met ernstige beserings na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief