Vrou gebruik glo Marno se foto’s om geld vir haarself in te samel

Lees ook :

Dit is onder die familie van Marno Muller (5) se aandag gebring dat ‘n vrou glo Marno se foto’s en inligting gebruik om geld in te samel.

‘n Persoon genaamd Jennifer Smith gebruik glo Marno se foto’s waarna sy dan sê die seun op die foto’s is “Ricardo”. Sy vra dan glo vir donasies om sy mediese onkostes te dek en verander net hier en daar aan die feite.

Die Muller-familie het die publiek gewaarsku om op die uitkyk te wees vir booswigte, en die familie self te kontak vir enige bydraes.

Volgens Marno se tannie, Nadia, is die WhatsApp-nommer van hierdie verdagte persoon aktief, maar word daar nie op hulle vrae geantwoord nie.

Die persoon se rekening is gekoppel aan ‘n Tyme-bank.

Nadia Minnie, Marno se tannie, kan by +27 78 249 1971 gekontak word.

Die rekening van Jennifer is intussen gesluit, en die plasings verwyder.

Dit is egter nie bekend of enige donasies geskenk is aan dié swendelaar, wat blyk om ‘n jong meisie op skool te wees, nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief