BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – Lerato Portia Serei (27) is verlede Vrydag tot 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op haar kêrel op 29 November 2022.
Die SAPD is op 29 November 2022 na Brandwag-woonstelle in Fergusonstraat ontbied. Sers. Ignatius Labuschagne en sers. Waldo Stoltz van Bloemfontein se K9-eenheid is na die adres.
Met hulle aankoms op die toneel het hulle die lewelose liggaam van Nqobile Harmony Makhina (28) in die deurmekaar woonstel aangetref.
’n Ooggetuie beweer die paartjie het die aand van die voorval saam alkohol gedrink. Serei het haar kêrel na bewering tydens ’n geveg wat tussen hulle ontstaan het herhaaldelik met ’n strykyster geslaan. Daarna het sy hom na buite gesleep waar sy water oor hom uitgegooi het.
Bronne: SAPD, Twitter





