Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou helder oordag doodgeskiet, tienermeisie ongeskonde

Untitled design (3)

KIMBERLEY. – Kimberley-inwoners is geskok nadat ’n vrou na bewering helder oordag in die straat in Beaconsfield geskiet is.

Gerugte oor die skietery en dat ’n kind moontlik ontvoer is, het vanmiddag op WhatsApp-groepe in Kimberley die rondte gedoen.

Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het die voorval aan Nuusflits bevestig. “Die polisie ondersoek die dood van ’n vrou na ’n vermoedelike skietvoorval. Die polisie het omstreeks 13:30 op die toneel in Mainstraat, Kimberley, opgedaag. Die vrou is in haar kop en skouer geskiet. Sy is in die hospitaal aan haar beserings dood. ’n Tienermeisie is ongeskonde.”

Ehlers sê ’n huishoudelike bakleiery het moontlik tot die skietery gelei.

Die verdagte, wat aan Nuusflits bekend is, het in ’n silwer Polo gevlug.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 08600 10111 of deur die MySAPS-toep, kontak. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.