WES-KAAP. – Amirah Abrahams (32) is op 22 Desember dood in haar huis in Manenberg aangetref.
Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits polisielede is na Manenberg-rylaan ontbied waar ‘n vrou met verskeie steekwonde aangetref is. ‘n Man (42) het na bewering eers van die toneel gevlug, maar het kort daarna teruggekeer. Hy is op aanklag van moord gearresteer.
Van Wyk sê die omstandighede van die moord word ondersoek.
Volgens Women For Change is Abrahams glo deur die pa van haar ongebore baba vermoor. Die bure het na bewering gehoor hoe Abrahams skree en het die polisie ontbied.