Vrou in bed doodgesteek aangetref

Lees ook :

Foto: Women For Change

WES-KAAP. – Amirah Abrahams (32) is op 22 Desember dood in haar huis in Manenberg aangetref.

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits polisielede is na Manenberg-rylaan ontbied waar ‘n vrou met verskeie steekwonde aangetref is. ‘n Man (42) het na bewering eers van die toneel gevlug, maar het kort daarna teruggekeer. Hy is op aanklag van moord gearresteer.

Van Wyk sê die omstandighede van die moord word ondersoek.

Volgens Women For Change is Abrahams glo deur die pa van haar ongebore baba vermoor. Die bure het na bewering gehoor hoe Abrahams skree en het die polisie ontbied.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief