Brekende Nuus
Misdaad

Vrou in hegtenis ná baba se dood in Delft

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ’n Vrou is in hegtenis geneem nadat die liggaam van haar vier maande oue baba Sondag in Delft gevind is. Volgens die polisie het sy die baba deur ’n oop venster in ‘n huis in Winnie Madikizelastraat ingegooi.

Polisiewoordvoerder, konst. Ndakhe Gwala, sê aan Nuusflits die Delft-polisie het ’n moordsaak geopen nadat die baba se liggaam gevind is. Gwala sê die vrou en haar kêrel het Saterdagaand omstreeks 21:00 by hul huis ’n argument gehad. Die vrou het daarna met haar baba uitgegaan om te drink. Toe sy terugkeer, was die huis gesluit en haar kêrel was nie daar nie. Volgens die polisie het sy die baba deur ’n oop venster in die huis ingegooi en gegaan om haar kêrel te gaan soek.

Hulle het Sondagoggend teruggekeer en die baba dood aangetref. Die vrou is in hegtenis geneem en van moord aangekla. Die polisieondersoek duur voort.