Vrou in hegtenis wat kleuter glo met bottel aanrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Vrou (35) is Donderdag in Motherwell op aanklagte van poging tot moord en kindermishandeling op ‘n 3-jarige seun in hegtenis geneem.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die Motherwell-polisie het omstreeks 18:30 na die Shukushukuma-gebied gegaan nadat hulle ‘n klagte ontvang het. ‘n Persoon wat beweer het hy is ‘n ooggetuie, het gesê dat hy gesien het hoe die verdagte ‘n kleuter met ’n leë bottel in haar huis aanrand. Hy het toe die huis binnegegaan, die aanval gestop en die polisie gebel. Die seun is met sigbare beserings aan sy kop en gesig deur familielede na ’n hospitaal geneem.

Die verdagte is in hegtenis geneem en sal Maandag, 9 Junie, in die Motherwell-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief