Vrou in hof nadat kêrel aan steekwond sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Vrou het vandag in die hof verskyn na sy Sondag in hegtenis geneem is nadat sy polisielede in Mbulelestraat in Soweto on Sea gestop het en hulle meegedeel het dat sy glo haar kêrel (56) met ‘n gebreekte bottel in die been gesteek en hy daarna gesterf het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die vrou het die lede van Kwazakele-polisie wat met patrollies besig was omstreeks 02:00 gestop en hule ingelig dat sy vir Phulelele Sola noodlottig gewond het.

Die oorledene is in die kamer op die bed met ‘n steekwond aan sy linkerbobeen aangetref.

Die vrou is in hegtenis geneem en sal vandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief