Daar was op 30 Oktober ‘n poging om ‘n dogtertjie (4) buite die Liberty Midlands-mall te ontvoer. Sinovuyo Mgijima (25) is daarna in hegtenis geneem op ‘n aanklag van ontvoering.
Lt.kol. Nqobile Gwala sê die ouers van die 4-jarige dogtertjie was blykbaar buite die Liberty Midlands-mall toe Mgijima die kind gegryp en met haar op die vlug geslaan het.
Die pa van die kleuter het glo teruggeveg en Mgijima aangekeer, waarna die polisie ontbied is.
Na bewering het die ma van die kind en haar ander kinders gesien wat gebeur het. Mgijima en drie mans was op pad uit by die inkopiesentrum toe die voorval plaasgevind het. Toe die pa van die kind haar glo konfronteer, het die sekuriteitsbeamptes ingetree en is hulle vertel wat plaasgevind het.
Mgijima is in hegtenis geneem en het op 1 November in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is vir ‘n formele borgtogaansoek op die 7de November. Mgijima bly in aanhouding.
Die Liberty Midlands-mall het intussen die volgende op hul Facebook-blad geplaas:
“Liberty Midlands Mall is aware of the posts circulating on social media, regarding an alleged attempted kidnapping.
“Upon reviewing security footage, Liberty Midlands Mall management can confirm that on Sunday, 30 October at approximately 18:30, a small group of soccer fans entered the mall. One of the fans proceeded to pick up a small child in their path. The intention of this individual is unknown.
“The mall security team reacted swiftly, and escorted the supporter to the security office for further questioning. SAPS was alerted and urgently responded to the scene to deal with the matter. The child was not harmed and returned safely to their parent.
“Liberty Midlands Mall prioritises the safety and security of shoppers, staff and tenants and is trading as normal.”
Bron: SAPD en The Witness Newspaper
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.