Vrou kry R4,4 m. na brand met warmwatersak tydens geboorte

Lees ook :

Vrou kry R4,4 m. na warmwatersakbrand tydens geboorte. Foto ter illustrasie: Canva

LIMPOPO. – Die departement van gesondheid in Limpopo is deur die Limpopo-hooggeregshof instruksie gegee om ’n vrou R4.4 m. te betaal wat in 2017 brandwonde as gevolg van ’n warmwatersak opgedoen het.

Die klaer het in Mei 2017 by die Maphutha L Malatji-hospitaal in Phalaborwa ’n keisersnee gekry. Sy het na bewering tydens die geboorteproses koud gekry, waarna ’n verpleegster ’n warmwatersak op haar bors gesit het.

Toe die warmwatersak haar begin brand, het sy vir die verpleegsters en dokters gesê sy ervaar pyn. Hulle het glo nie gereageer nie en die warmwatersak op haar bors gelos.

IOL berig ’n familielid het agterna die brandwonde aan die pasiënt uitgewys. Sy kon glo nie borsvoed nie en moes na die geboorte vir twee maande teruggaan hospitaal toe weens die wonde wat vererger het. Haar geskende borste het haar selfvertroue aangetas.

Volgens regter Violet Semenya het die brandwonde tot gevolg gehad dat die vrou nie kon werk nie. Die LUR vir gesondheid in Limpopo is dus beveel om R.4.4 m. aan die klaer te betaal om haar mediese onkoste, verlies aan inkomste en algemene skade te dek.

Bronne: IOL, The Africa, Facebook

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App