Vrou leweloos in see by Clifton gevind

Lees ook :

Foto: The Atlantic Seaboard Community Forum

WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n vrou (56) is Sondagoggend by Clifton se tweede strand waar sy met haar gesig na onder in die water gedryf het, gevind.

Volgens kapt. Frederick van Wyk is die vrou (56) van Durbanville. Die polisie het omstreeks 14:00 inligting ontvang oor ‘n sak wat op Clifton se vierde strand lê. Inligting oor die vrou en familiekontakbesonderhede is in die sak gevind en haar naasbestaandes is gekontak.

Volgens die NSRI se verklaring het die vrou ‘n geblomde tweestuk-baaikostuum, ‘n geel swempet en ‘n pers Speedo-swembril aangehad.

Plaaslike swemmers het haar liggaam opgemerk en hulp ontbied. Terwyl KPR toegepas is, het ‘n dokter wat op die strand was by die weldoeners aangesluit. Die Stad Kaapstad se watterreddingsnetwerk is omstreeks 08:06 vir die noodgeval geaktiveer.

Ten spyte van alle pogings is die vrou dood verklaar en haar liggaam is deur die staat se patologiese dienste in sorg geneem.

Die NSRI verduidelik dit lyk asof die vrou geswem het en toe verdrink het, maar die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer. Die polisie en forensiese patoloë het ook ‘n formele identifikasie van die oorledene aangevra.

Op die The Atlantic Seaboard Community Forum is die voorval ook aangemeld met lede van die gemeenskap wat gekla het oor die tyd wat die oorledene se liggaam op die strand was voordat owerhede dit verwyder het.

In kommentaar is prosesse wat deur verskillende departemente gevolg moet word alvorens ‘n liggaam verwyder kan word, verduidelik.

Bronne: SAPD, NSRI en The Atlantic Seaboard Community Forum

Volg Nuusflits se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief