Vrou nié meer vermis nie

Lees ook :

Foto: Brad Nathanson Investigations

OOS-KAAP. – Surette Malherbe (48), wat Maandag as vermis aangemeld is, is veilig met haar familie herenig.

Brad Nathan Investigations sê Malherbe is in Oos-Londen gevind en het nie na Queenstown gereis nie. Privaatheid is vir die familie gevra.

Malherbe van Oos-Londen moes Maandag, soos die gewoonte is, vir haar werknemer vir besigheid na Komani (Queenstown) reis. Sy het haar man per WhatsApp oor die plan ingelig en gesê sy sal teen 18:00 tuis wees. Haar man het ‘n boodskap teruggestuur wat ontvang is, maar sy vrou se foon was daarna af en niemand het weer van haar gehoor nie. Die laaste telefoniese kontak was net na 08:00. Aangesien dit nie gebruiklik is om nie kontak met haar te kan maak nie, was haar werkgewer van die afgelope nege jaar en haar familie bekommerd en het gevrees iets kon moontlik gebeur het.

Malherbe is by Cambridge-polisiestasie as vermis aangemeld, waarna owerhede, familie en ‘n privaat ondersoeker na haar gesoek het.

Brad Nathan Investigations het die aankondiging van Malherbe wat tuis saam met haar familie is, gemaak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief