Vrou oorleef aanval van luislang van amper 4 m

Lees ook :

Vrou oorleef na aanval van luislang van amper 4 m
Vrou oorleef na aanval van luislang van amper 4 m fotokrediet: Canva

Lees ook: Vermiste ma van 4 se liggaam in slang van 5 m gevind

THAILAND. – ‘n Vrou (64) het oorleef na ‘n luislang van byna vier meter haar in haar huis verras het.

Arom Arunroj was besig om skottelgoed te was toe sy na wat berig word iets aan haar been voel byt het. Toe sy afkyk, het sy besef dit was ‘n luislang. Ten spyte van haar pogings om die reptiel af te weer, het dit om haar lyf gedraai en haar weer gebyt.

Na ongeveer twee uur het haar bure haar uiteindelik om hulp hoor roep en kon hulle na ‘n gespartel 30 minute later die luislang van haar af kry. Die slang het weggeseil en die vrou is na ‘n hospitaal geneem vir hulp.

Bronne: The Independent, The Mirror, ABC News

Lees ook: Vermiste ma van 4 se liggaam in slang van 5 m gevind

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief