Lees ook: Passasiers op Singapoer-vlug sal vergoed word
INDONESIЁ. – ‘n Ma wat Donderdagaand in Indonesië verdwyn het se liggaam is Vrydagaand in die maag van ‘n vyf meter slang gevind.
Die vrou, slegs bekend as Farida, het Donderdagaand nooit na haar huis teruggekeer toe sy geloop het om kos te gaan verkoop by ‘n plaaslike mark nie.
Haar man het haar besittings gekry en hy en hulle bure het haar gaan soek. Hulle het ‘n luislang opgemerk wat gelyk het asof dit iets in die buik het.
Farida se man en die bure het die slang oopgesny en op haar liggaam afgekom. Dit blyk die slang het die vrou heel met klere en al ingesluk.
Die oorledene se liggaam is weggeneem om begrawe te word.
Bronne: CBS News, Briefly, India Today