Vermiste ma van 4 se liggaam in slang van 5 m gevind

Lees ook :

Vermiste ma van vier se liggaam in vyf meter lange slang gevind
Vermiste ma van vier se liggaam in vyf meter lange slang gevind fotokrediet: Canva

Lees ook: Passasiers op Singapoer-vlug sal vergoed word

INDONESIЁ. – ‘n Ma wat Donderdagaand in Indonesië verdwyn het se liggaam is Vrydagaand in die maag van ‘n vyf meter slang gevind.

Die vrou, slegs bekend as Farida, het Donderdagaand nooit na haar huis teruggekeer toe sy geloop het om kos te gaan verkoop by ‘n plaaslike mark nie.

Haar man het haar besittings gekry en hy en hulle bure het haar gaan soek. Hulle het ‘n luislang opgemerk wat gelyk het asof dit iets in die buik het.

Farida se man en die bure het die slang oopgesny en op haar liggaam afgekom. Dit blyk die slang het die vrou heel met klere en al ingesluk.

Die oorledene se liggaam is weggeneem om begrawe te word.

Bronne: CBS News, Briefly, India Today

Lees ook: Passasiers op Singapoer-vlug sal vergoed word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief