Vrou op beskuldiging van swaer se moord in hegtenis

Lees ook :

Foto: SAPD en Melissa Vice Facebook-blad

MPUMALANGA. – Melissa Vice (29) is in verband met die moord op Willie Visser (25), haar swaer, in hegtenis geneem. Visser se liggaam is op 16 Desember in die bosse by die Seekoeiwater-kleinhoewes naby die Doornpoort-substasie gevind.

Luidens ‘n verklaring deur lt.kol. Jabu Ndubane is die polisie omstreeks 12:00 na die toneel ontbied, nadat ’n verbyganger die liggaam van Visser langs die grondpad, vanaf Bankenveld na Seekoewater-kleinhoewes, opgemerk het. Met aankoms het polisiebeamptes die oorledene op sy rug aangetref met sigbare kneusplekke aan sy gesig, arms en maag.

Volgens voorlopige ondersoeke is daar bandspore naby die toneel gevind, wat daarop dui dat die liggaam moontlik daar afgelaai is. Die polisie vermoed die man is met ’n stomp voorwerp aangerand, wat tot sy dood gelei het. Die oorledene is later as Visser geïdentifiseer.

Ná verdere ondersoeke is Melissa Vice, wat met die oorledene se broer getroud is, op 24 Desember in hegtenis geneem. Sy het op 29 Desember op aanklag van moord in die Emalahleni-landdroshof verskyn en is steeds in aanhouding. Die saak is vir ‘n formele borgtogaansoek tot 14 Januarie 2026 uitgestel.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief