Vrou se liggaam in Swartbergpas gekry

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Die liggaam van ‘n 69-jarige vrou, wat as vermis aangemeld was, is Vrydag omstreeks 12:15 in die Swartbergpas naby Oudtshoorn gekry. Die Oudtshoorn-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits ná aanmelding van ‘n vermiste persoon, is vasgestel die vrou se voertuig is teen die pas af. ‘n Soek-en-reddingspan is ontplooi, waarna die voertuig onderaan die krans gevind is. Daarna is verskeie soek-en-reddingsdienste op die toneel ontplooi en die liggaam van die slagoffer met verskeie beserings is gevind. Die liggaam kon later die dag na die padoppervlak gebring word.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en vorm deel van die lopende polisieondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief