Vrou se liggaam met ‘afgeskilde’ gesig gevind

Lees ook :

Foto: Mi7 National Group

KWAZULU-NATAL. – Die liggaam van ‘n vrou, vermoedelik in haar middeljare, is Donderdag in die Northdale-woonbuurt in Pietermaritzburg deur spelende kinders gevind. Haar gesig was oënskynlik “afgeskil”.

Mi7 National Group sê: “…a woman’s body was found with her face seemingly ‘peeled’ off – with sensory organs purposefully removed.” Gevorderde lewensondersteunende reaksie- en gewapende reaksie-eenhede het die toneel as een uit ‘n gruwelfilm beskryf. Inligting van die oorledene se wonde is gesensor, maar die beamptes sê haar gesig se vel, saam met haar oë, ore en neus was verwyder.

Die vrou se liggaam is tussen struike, net buite ‘n eiendom, ontdek. Na bewering het kinders, tussen 8 en 10 jaar in die straat gespeel toe hulle die liggaam opmerk en dit aan die inwoners gerapporteer het. Mi7 National Group is net na 15:00 vir hulp ontbied. Die misdaadtoneel is vir die polisie bewaar. Emosionele ondersteuning is aan die kinders wat op die vrou se liggaam afgekom het voorsien.

Met die wonde aan die vrou se liggaam is die beamptes oortuig sy was die slagoffer van ‘n misdaad.

‘n Nadoodse ondersoek en polisie-ondersoek sal die oorsaak van die vrou se dood en die omstandighede daarvan ontbloot.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief