Brekende Nuus
Nuus

PAS BEKEND: Vrou se liggaam in Tembisa-Suid gevind

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ’n Vrou se liggaam is vanoggend in die Vusimusi-gedeelte van Tembisa-Suid gevind. Die polisie het bevestig dat die liggaam ontdek is, maar geen verdere besonderhede oor die omstandighede van haar dood is nog beskikbaar nie.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, sê misdaadtoneelbestuur en die nodige rolspelers is tans op die toneel. Verdere inligting sal beskikbaar gestel word nadat voorlopige ondersoeke afgehandel is.