Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou skenk baarmoeder aan jonger suster vir wêreld se eerste baarmoederoorplanting

Die vrou en haar man het vyf embrio’s laat vries wat later die jaar in die baarmoeder ingeplant sal word.

Vrou skenk baarmoeder aan haar jonger suster in wêreld eerste operasie
Vrou skenk baarmoeder aan haar jonger suster in wêreld eerste operasie fotokrediet: Canva

Lees ook: Woede oor voorstel van professor dat breindood vrouens as surrogate gebruik word

OXFORD, VK. – Dokters in Oxford het geskiedenis gemaak toe hulle die land se eerste suksesvolle baarmoederoorplanting gedoen het.

’n Vrou (40) wat klaar twee kinders gehad het, het haar baarmoeder aan haar jonger suster (34) geskenk. Die operasie het net bietjie langer as nege uur geneem.

Die jongste suster het ’n seldsame siekte wat veroorsaak dat lyers ’n onderontwikkelde vagina en onderontwikkelde baarmoeder het of glad nie een het nie. Sy en haar man het vyf embrio’s laat vries wat later die jaar in die oorgeplante baarmoeder ingeplant sal word in ‘n poging om swanger te raak.

Bronne: IOL, The Independent, Global News

Lees ook: Woede oor voorstel van professor dat breindood vrouens as surrogate gebruik word