Vrou skiet op McDonalds-werkers na hulle na bewering haar kos vergeet

Lees ook :

Vrou skiet op McDonalds-werkers na hulle na bewering haar kos vergeet
Vrou skiet op McDonalds-werkers na hulle na bewering haar kos vergeet fotokrediet: Canva

Lees ook: Vermiste Keniaanse klimmer dood gevind op Everest

TEXAS. – ‘n Vrou (32) het op die werkers van ‘n McDonalds geskiet na hulle na bewering haar “hashbrowns” en koekies vergeet het.

Samantha Anthony is aangekla van aanranding met ‘n dodelike wapen na sy minstens agt keer op die venster van die deurry by ‘n McDonalds geskiet het.

Sy het op 30 Desember 2023 glo haar kos bestel en weggery. Die werker by die deurry het gesê sy het 30 minute later teruggekom om te sê sy het nie haar bestelling van “hashbrowns” en koekies gekry nie.

Die werker het glo gesien sy het die kospapiere op haar skoot en die sak waarin die kos was, maar sy het aangedring sy het nie haar kos gekry nie. Anthony het glo vir ‘n halfuur gestry met die werkers voordat haar kêrel daar aangekom het en gevra het waarom hulle haar ignoreer.

Sy het toe op die deurry begin skiet en daarna gevlug.

Anthony is 16 Mei by die Bexar-tronk ingeboek na sy in hegtenis geneem is.

Bronne: The Independent, The Blaze, Hoodline

Lees ook: Vermiste Keniaanse klimmer dood gevind op Everest

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief