Vrou spring uit ‘ontvoerder’ se bewegende motor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou van Pietermaritzburg het ernstige beserings opgedoen toe sy Woensdag omstreeks 16:00 uit ‘n bewegende motor gespring het om van ‘n beweerde ontvoerder te probeer ontkom.

Mi7 National Group Emergency Medical Services sê die diens het reageer op ‘n oproep oor ‘n vrou wat in Alexandrastraat, Scottsville, mediese hulp nodig het. ‘n Ontstelde vrou is met veelvuldige skaafplekke en frakture op die toneel aangetref. Sy is met gevorderde lewensondersteunende intervensie behandel, waarna sy vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Die presiese omstandighede van die insident is onduidelik, maar na bewering het die vrou met ‘n taxi werk toe gery toe die bestuurder ongewoon opgetree het. Hy het glo roekeloos bestuur en wou nie stilhou sodat die vrou kon uitklim nie. Toe hulle glo verby haar werk ry en nie stilhou nie, het sy uit die motor gespring om te ontsnap. Veiligheidsbeamptes wat die insident sien gebeur het, het die motor tot stilstand gedwing.

Mi7 National Group sê die insident word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief