Vrou sterf na sy glo uit polisievangwa val

Lees ook :

Foto: Leon Campher Oudshoorniete staan saam Facebook-blad

OUDTSHOORN. – Ashrodeen Armstrong (27) het gesterf nadat sy na bewering op 2 Januarie 2024 uit ‘n polisievangwa geval het.

Volgens sers. Christopher Spies word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek nadat ‘n vrou op 2 Januarie omstreeks 08:00 by ‘n mediese fasiliteit op Oudtshoorn gesterf het.

Spies sê die omstandighede van haar dood is deel van die ondersoek en die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) is ook in die ondersoek betrokke.

Phaladi Shuping van Opod sê twee polisiebeamptes, ‘n sersant en ‘n konstabel, het omstreeks 00:04 op 2 Januarie op ‘n klagte van huishoudelike geweld in 1ste Laan 4 op Oudtshoorn gereageer.

Shuping sê ‘n vrou (27) is in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel (37) aangerand het, waarna sy deur die twee polisiebeamptes agter in die vangwa gelaai is. Na bewering het haar kêrel sonder die wete van die polisiebeamptes die agterkant van die vangwa oopgemaak terwyl dit reeds in beweging was.

Met aankoms by die polisiestasie het die polisielede glo opgemerk Armstrong was nie in die voertuig nie en het teruggery. Sy is gevind waar sy ernstig beseer op haar rug gelê het.

Nooddienste is gekontak en sy is na ‘n hospitaal geneem waar sy gesterf het.

Leon Campher van Oudtshoorn Community Against Crime het op die Oudtshoorniete staan saam se Facebook-blad gesê daar sal Woensdag 10 Januarie 2024 om 16:00 ‘n kranslegging by haar huis te Bonteboklaan 1262 plaasvind.

Lees sy volledige plasing hier onder:

Oudtshoorn – Dood, na bewering na sy uit Vangwa val. Met OCAC se besoek gister aan die familie van Ashrodeen “Essie” Armstrong wat op 2 Januarie minder as 2 Dae na haar 27 ste verjaarsdag so tragies gesterf het, kon ons hierdie gebroke familie support en bemoedig tydens ons besoek. Dit was weer emosionele oomblik vir ons nadat ons pas vanaf die Kranslegging van Patrick Brocklebank in Randstraat kom. Vir familie en vriende is dit ‘n groot slag met Baie vrae waar ons die nodige support aan hulle gaan gee en die saak ook fyn sal dophou met updates om te verseker die familie kry antwoorde. As verdere ondersteuning gaan ons volgende Woensdag middag, 10 Januarie om 4 nm ‘n kransleggingdiens by hul huis 1262 Bonteboklaan hou en ons eer betoon aan hierdie familie in pyn. Kom gerus en ondersteun hulle met u teenwoordigheid. MHSRIP

Bronne: SAPD, OPOD, Leon Campher

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief