Vrou sterf nadat klip deur motor se voorruit bars

Lees ook :

Foto's: Dean Slater Facebook

GAUTENG. – Bedfordview-polisie ondersoek ’n moordsaak nadat ’n vrou Vrydagoggend dood is, toe ’n groot klip vanaf die Van der Linde-brug op haar bewegende voertuig gegooi is.

Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die polisie is omstreeks 09:00 na die R24-vurk in die rigting van die N12 noord, naby die Van der Linde-brug, ontbied. Met hul aankoms het polisiebeamptes ’n grys Honda met die vroulike bestuurder binne-in aangetref. Die voertuig se voorruit en voorste buffer was beskadig en die vrou het ernstige kopbeserings opgedoen. ’n Groot klip is ook gevind. Volgens die polisie het die impak die bestuurder vermoedelik beheer oor die voertuig laat verloor, waarna dit teen die padversperrings gebots het. Nooddienste is na die toneel ontbied, maar die vrou is daar dood verklaar.

Die omstandighede van die voorval word steeds ondersoek. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om na vore te kom.

Volgens Bedfordview Edenvale News, het rdl. Jill Humphreys van Wyk 20 die voorval aangemeld en gesê dit is ’n herhaling van soortgelyke voorvalle. Sy het motoriste gemaan om waaksaam te wees vir mense wat op brûe staan en klippe na voertuie gooi. Jacques Steyn van die Bedfordview GPF het bevestig dat die saak ondersoek word.

Bronne: SAPD en Bedfordview Edenvale News, berig deur Naidine Sibanda, 14 Augustus 2026

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief