Vrou sterf tydens beweerde rusie met man

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

TROMPSBURG, VRYSTAAT. – ‘n Vrou (35) het Saterdagaand omstreeks 18:20 tydens ‘n beweerde rusie met haar man gesterf.

Sers. Mahlomola Kareli sê die polisie is na ‘n klagte van aanranding by ‘n huis in Madikgetla ontbied waar fisiese huishoudelike geweld glo plaasgevind het. Met aankoms op die toneel het nooddienste ‘n vrou wat op ‘n bed gelê het behandel, waarna sy dood verklaar is.

Kareli sê voorlopige ondersoek dui aan die egpaar het baklei voordat nooddienste en polisie ontbied is. Die oorledene se geswelde gesig het gebloei. Omstandighede van die rusie en wat tot die vrou se dood gelei het, word ondersoek.

Die man is deur die Trompsburg-polisie in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief