Vrou sterf tydens gesinsgeweld voordat man sy eie lewe neem

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Man van Kabokweni, buite Witrivier, het vanoggend eers sy vrou doodgeskiet, voordat hy die vuurwapen op homself gerig het.

Kol. Donald Mdhluli sê volgens voorlopige inligting het die man sy vrou noodlottig gewond en daarna selfdood gepleeg. Die polisie en nooddienste is tans nog op die toneel teenwoordig.

Maj.genl. Zeph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale kommissaris van die provinsie, het die voorval veroordeel, veral omdat dit Vrouemaand is.

Mpumalanga-polisie het as deel van die stryd teen gesinsgeweld ‘n gebedsdag vir Woensdag op Ermelo gereël.

“Ons betuig ons innige meegevoel met die families en geliefdes wat deur hierdie hartverskeurende voorval geraak is. Gesinsgeweld is ‘n kwessie wat individue en gemeenskappe wêreldwyd raak, en ons doen ‘n beroep op enigiemand wat dalk gesinsgeweld ervaar of daarvan bewus is om hulp te soek. Daar is talle hulpbronne en ondersteuningstelsels beskikbaar, insluitend ons Stop Misdaadnommer 08600 10111 en slagoffervriendelike fasiliteite in ons polisiestasies regoor die provinsie, wat bystand en leiding kan verskaf,” sê genl. Mkhwanazi.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief